OORTJIES

tested

OORTJIES
(as kind, dit geken as soutblasies)
1 en ‘n halwe koppies koekmeel
knippie sout
1 eier
halwe koppie melk
Sif droë bestanddele saam en voeg geklitste eier en melk by.
Knie deeglik en rol baie dun uit op ‘n meelbestrooide deegplank.
Gooi klam doek bo-oor en laat vir 30 min staan.
Sny in klein blokkies en braai in warm diep olie tot goudbruin.
Dreineer op bruinpapier.
Strooi met sout – yummie

Resep:  Riana Du Plessis