Nog ‘n een pot gereg vanoggend gemaak:
Ontbyt gereg of sommer vir ‘n ligte ete.
1 pakkie vark worsies of boeliebeef
1 gekapte ui
1 gekapte rooi soet rissie
2 k gerasperde kaas
half k room of melk
so twee k gaar ertappel blokkies
1 blik sampioensop of meng een pakkie sampioensop met 1 k melk 1
1 t fyn knoffel
vyf eiers
Oond 180 g
sny worsies in stukkies en braai saam met uie , knoffel en soet rissie tot worsies nog pink is
Sit in oondskottel. Meng die helfde van die kaas ( die ander helfde kom bo-op) room, sampioensop en ertappel blokkies en sit bo-op. In aparte bak meng melk, eiers,, knoffel sout en peper. Gooi mengsel oor wors en ertappel mengsel. Bak oop vir so 30 min. Sprinkel res van kaas oor en bak nog vir so10 min.
BRON- MARTIE FOURIE MOOLMAN