MARIE SE KLAPPER MALVALEKKERS


MARIE SE KLAPPER MALVALEKKERS
32 malva lekkers
1pakkie marie beskuitjies fyn gemaak
1 blikkie kondensmelk
100g margarien
Half kop sjokolade nesquik
1 kop klapper
En klapper om in te rol
Gooi alles in n groot bak of kastrol behalwe klapper en malva lekkers
Verhit tot goed warm ek het sommer in die mikrogolf gedoen meng
Voeg nou klapper by en meng goed laat effens afkoel. Vou nou malva lekkers toe in n bietjie van die beslag rol in ronde bolle dan in klapper. Plaas in vrieskas tot styf sny aan drie en bere in yskas of vrieskas.
Maak jou hande nat as die besigheid te taai is dit werk goed
Bron en Foto: Marie Grobler