MAALVLEIS EN BROOD GEBAK

maalvleis en brood gebak 1testedmaalvleis en brood gebak opgeskep 2

MAALVLEIS EN BROOD GEBAK
500 g maalvleis
1 ui, gekap (opsioneel)
½ bakkie knoppies sampioene, gekap
bietjie olyf olie of kookolie
45 ml tamatiesous
15 ml blatjang
20 ml suiker / versoeter
250 ml water
1 pakkie sampioensoppoeier
sout en peper na smaak
bietjie fyn naeltjies
gemengde kruie na smaak

Witsous
30 ml botter/margarien
30 ml koekmeel
300 ml melk
ongeveer 8-10 snye brood sonder korsies en deurgesny in driehoeke
genoeg gerasperde Cheddar kaas

Verhit die oond tot 180°C.
Indien jy die gekap ui gebruik, braai die ui bietjie in die olie, en voeg die maalvleis by, braai tot die vleis lekker los is, gooi die gekapte sampioene by, braai lekker deur. Meng die pakkie soppoeier met die water, tamatiesous, blatjang, sout, peper, suiker en kruie en gooi oor die maalvleis, draai die plaat af en prut vir ongeveer 10 min.
Maak die witsous deur die bestanddele te meng en dit dan in die mikrogolf te kook vir ongeveer 5 min, roer gereeld en pasop dit kook maklik oor, so hou dit dop. Dit moet lekker dik wees.
Gebruik ‘n klein brood pannetjie, bespuit, sit die helfte van die maalvleis mengsel onder in, pak nou ‘n lagie brood bo-op, dat die punte van die driehoeke op die vorige een lê. Skep nou die res van die maalvleis bo-op die brood, en gooi die wit sous oor die laaste laag brood. Rasper genoeg kaas oor en bak in die oond vir ongeveer ‘n half uur of tot mooi bruin en deur gebak. Bedien saam met ‘n lekker slaai.
Nota: Ek het ‘n broodjie gebak van glutenvrye meel en dit gebruik en dit was net so lekker.
Foto’s en resep geplaas deur Rina Kleinhans