LEKKER KRAKERIGE PORK BELLY IN DIE HALOGEEN OOND

2014-06-01-10346625_4116009835759_7922903586849095778_n
LEKKER KRAKERIGE PORK BELLY IN DIE HALOGEEN OOND
1.2 kg pork belly
2 eetlepels heuning
2 eetlepels sojasous
1 knoffelhuisie, gekneus
½ teelepel vars gemmer, gekneus
sap van 1 suurlemoen
1½ teelepel Chinese five spice
2½ teelepel sout
olyfolie en ekstra sout vir vetkant

Meng al bogenoemde bestanddele en hou eenkant. Plaas pork belly op draadrak oor wasbak. Gooi ‘n ketel vol kookwater oor dit, moenie dat vleis in water lê nie. Sny die vetlaag met ’n skerp mes in ’n diamantpatroon. Maak die insnydings sowat 1 cm diep en ook sowat 1 cm uitmekaar. Laat dit vir ten minste 2 ure oor die wasbak staan tot die vleis goed droog is.
Smeer nou marinademengsel oor vleiskant (nie oor die vet nie)
Plaas pork belly oornag in yskas sodat die vleis goed droog word, moenie vel bedek nie – hoe droër dit is hoe “crispier” gaan die crackling wees. Haal vleis volgende oggend uit en laat staan in kamertemperatuur vir so uur.
Voorverhit oondjie tot 200°C. Prik die vetkant met skerppunt messie. Smeer nou bietjie olyfolie en sout oor vet. Plaas vleis op rak in oondjie, vetkant na bo en bak 30 minute.
Verhoog nou temperatuur tot 220°C en bak nog so 10 – 15 minute of tot crackling lekker krakerig is. HEERLIK!!
Resep en foto: Louise Venter