KINGKLIP IN DIE OOND

kingklip rinditested
KINGKLIP IN DIE OOND
6 stukke Kingklip/stokvis
Ina Paarman se Visspeserye
Meng saam:
½ koppie mayonnaise
½ koppie melk
1 gekapte ui
1 knoffelhuisie, fyn
1 koppie gerasperde kaas
bietjie vars gekapte pietersielie
bietjie “chives”, gekap

Stel die oond 200 ºC.
Spuit oondbak met spray and cook.
Strooi die Ina Paarman Visspeserye oor die Kingklip/stokvis.
Skep die sousmengsel oor die vis.
Sny klein tamaties in die helfte, sit bo-op vis.
Bak vir 12 – 15 minute by 200ºC.
Bedien op rys of gestoomde groente en vars avo.

Resep en foto: Rindi Scheepers-Becker