KAMMA CROISSANTS
Voorverhit oond op 200°C
Spuit bakplaat met kleefwerende kossproei en sif liggies meel oor of smeer deeglik met botter/margarien.
Sif droë bestandele saam, rasper botter by en vryf met vingerpunte tot soos broodkrummels lyk.
Voeg kaas en 275-300ml melk by om n stewige deeg te vorm wat lekker uitrol.
Verdeel deeg in 4 ewe groot stukke. Rol elke bal uit tot n sirkel van 20cm in deursnee. Verdeel elke sirkel soos die speke van n wiel in 8stukke.
Rol elke stuk van die buite rand na binneste punt. Buig effens tot halfmaan vorm en plaas entjie uit mekaar op bakplaat.
Bestryk die rolletjies met eiergeel gemeng met orige melk.
Plaas hoog in oond en bak nagenoeg 15min tot gaar of goudbruin.
Variasie: skep n bietjie appelkooskonfyt op die deeg voor jy dit oprol.
Foto: Trix Serfontein

