KAAS EN UIE BROODJIE


KAAS EN UIE BROODJIE
Deeg:
1 kg koekmeel
1 pakkie kitsgis
sout
wit uie soppoeier
ongeveer 1 liter lou water
Ekstra:
Gerasperde kaas
Olie om mee te knie
Knie soos gewone brood, voeg die water bietjie op ‘n slag by tot die deeg se tekstuur reg is. Knie tot elasties, met bietjie olie aan jou hande.
Vorm soos op die foto en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Sprinkel kaas op voor jy die in die oond bak op 180ÂșC vir 45 min.
Resep en foto: Edith Du Preez