KAAS- EN KRUIE BROODJIE

10425726_10152464716907173_805200572_ntested
KAAS- EN KRUIE BROODJIE
500 g Bruismeel
5 ml Bakpoeier
5 ml Sout
2 ml Seldery sout
2 ml Uie sout
10ml Droë gemengde Kruie
250ml Cheddar kaas gerasper
1 eier geklits
500ml Karringmelk

Metode:
Voorverhit oond tot 180°C.
Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg res van droë bestanddele by as ook 200ml van die kaas.
Voeg nou die eier en karringmelk by en meng.

Skep in broodpannetjie wat met kossproei gespuit is.
Strooi res van kaas bo-oor.
Bak vir 45min tot gaar en goudbruin.

Heerlik saam met braaivvleis of sommer as soutigheid met heerlike botter en kaas.

Bron en Foto:  Ousus Wepener