JOEY SE INGEMAAKTE KOMKOMMERSLAAI

tested
JOEY SE INGEMAAKTE KOMKOMMERSLAAI
Resep:  Isobel Conradie via Marie Reyneke
FOOD LOVERS RECIPES
4 lang Engelse komkommers [3 as dit baie dik is]
1 rooi soetrissie
4 groot uie
2 koppies suiker
2 koppies wit asyn
1 desertlepel masala (12.5 ml)
1 desertlepel middelmatige kerriepoeier (12.5 ml)
1 desertlepel sout(12.5ml)

Sny komkommers in skyfies, nie te dik nie.
Sny soetrissie in repies soos verkies en kerf uie grof.
Meng laaste vyf bestanddele in groot pot.en bring tot kookpunt. [Die vloeistof sal te min lyk, maar dit sal meer word omdat die groente water trek].
Voeg groente by en bring tot kookpunt. Plaas deksel op en kook VIR SLEGS EEN MINUUT, niks langer nie.
Skep met gaatjieslepel in gesteriliseerde bottels en vul bottel op met kokende vloeistof.
Hou op spensrak.

Nota:  Ek maak dit graag in mooi botteltjies as geskenke, en deesdae gee ek sommer die reseppie saam, want letterlik ALMAL vra daarvoor nadat hulle die slaai geproe het.