ICING VIR ZOO KOEKIES
ICING VIR ZOO KOEKIES
Hierdie werk en proe heerlik :
Klits 1 eierwit en 5 ml suurlemoensap tot skuimerig.
Voeg 200 g versiersuiker bietjies bietjies by en klits tot glad.
Roer 5 ml gliserien by. Ek verdeel dit dan in klein plastieksakkies en gebruik gelkleursel om dit in verskillende kleure te kleur.
Maak sommer klein gaatjie in hoekie van sak en gebruik sakkie om te versier.
Doen 1 kleur.
Laat stol voor jy ‘n ander kleur opsit, dan meng hulle nie.
Wenk: dit werk beter in warmer weer, nat koue weer en jy sit dalk met loperige versiersel.
Alida Boshoff

