HETTIE SE SJOKOLADEKOEK

HETTIE SE SJOKOLADEKOEK
4 eiers geskei
½ teelepel sout
¾ koppie suiker
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
½ koppie kakao
1 koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie brandewyn
¾ koppie kanola olie
1 groot pepermint sjokoladeKlits eierwitte baie styf met sout.
Klits gele goed in. Klits suiker in.
Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt met vloeistof in, meng goed deur.
Rasper sjokolade en roer by. Skep in 2 koek voorbereide panne.
Bak 180ºC tot die koek om die rante los kom.
Keer uit en laat koel af. Sny elke laag deur sodat jy 4 lae het.
Versiersel:
2 blikke caramel treat
1 groot pepermint sjokolade
Plaas die karamel in die mengbak, roer tot die karamel loperig is.
Rasper helfte van die sjokolade in en meng goed.
Smeer tussen lae en smeer bo-op. Stooi res van die gerasperde sjokolade oor.
Bron: Hettie Nagel