GESTOOFDE VARKTJOPS MET PRUIME EN SOETPAPAT
Verhit ‘n kasserol, groot genoeg sodat al die tjops in ‘n enkellaag kan lê. Voeg die olie by, en wanneer verhit, plaas die tjops versigtig in die kasserol. Braai aan elke kant tot goed bruin.
Voeg die knoffel en uie by, soteer totdat sag. Ontglans die pot met die wyn en voeg die aftreksel na ‘n minuut by. Roer goed en maak seker dat al die tjops bedek word.
Kook vir ongeveer 40 minute op medium-hoog totdat die tjops begin sag word en die kookvloeistof effens verminder het.
Voeg nou die soetpatats en pruime by. Plaas die deksel op totdat die patats begin sag word.
Voeg die Balsamiese Asyn en vars salieblare by en toets vir geurmiddels.
Bedien met verwelkte spinasie en saggekookte broccolistammetjies.
Nota en foto: Adam Cloete
Die metode van die resep noem nie hoe die anys en naeltjies gebruik moet word nie. Dis ook moeilik om die uie te soteer as die bodem vol tjops lê. Ek het die metode soos volg aangepas. Ek het die tjops uitgehaal toe dit lekker bruin aan beide kante was en toe die uie, naeltjies en anys ingesit en die uie gebraai tot sag. Daarna het ek die pot met die wyn ontglans, dit goed geroer, die tjops teruggeplaas en toe die aftreksel oorgegiet.

