GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS


GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS
Ek plaas die wildsvleis in flouerige asynwater vir ongeveer 30 min. Giet die asynwater af en plaas die wildsvleis in ‘n groot pot op die stoof. Voeg ‘n stukkie varkspek of ‘n klein stukkie gerookte vark daarby en kook die vleis vir 20 min.
Verwyder die varkspek/gerookte vark en voeg neut, naeltjies en sout na smaak by die vleis. Kook die vleis tot super sag (gewoonlik in ‘n drukkoker), tot amper droog. Plaas die vleis in ‘n groot bak of skottel, verwyder die bene en pluis die vleis in fyn stukke (of sny dit met ‘n kombuis skêr).
Plaas die fynvleis terug in die pot en bring dit tot kookpunt. Ek sorg dat dit bietjie waterig is en bind die vloeistof met meel en paprika (sodat die vleis nie so ‘n wit kleur kry van die meel nie).
Maak die meel en paprika aan met ‘n klein bietjie water en voeg dit by die wildsvleis.
Indien nodig, voeg nog meel by en indien die vleis dalk te droog is, voeg klein bietjie water by.
Bron: Anne Snyman