ELIZE SE TUISGEMAAKTE MOSTERD

2014-06-22-brood1tested
ELIZE SE TUISGEMAAKTE MOSTERD

Sit hierdie mosterd op ‘n vars rolletjie met blaarslaai, tamatie, gherkins en koue vleis en net waarvan jy hou, dit is ‘n wenner.
1 koppie water
1 koppie asyn
1 koppie suiker
Bring bogenoemde tot kookpunt.

Meng saam:
3 eetlepels mosterdpoeier
bietjie borrie
1 teelepel maizena
Voeg by die  asynmengsel en kook vir 2 min saam.

Die mosterd is voorwaar baie lekker.

Resep en foto:  Elize de Kock