EENVOUDIGE SAGOPOEDING

2014-06-01-10440240_10203407290839450_3426252341214452756_ntested
EENVOUDIGE SAGOPOEDING
(by my skoonsuster Estie gekry, sy kan nie onthou waar sy die resep gekry het nie, het dit al vir jare)
Lewer 4 – 6 porsies
“”Dit smaak amper nes my ma se sagopoeding. As ek by hierdie mikrogolfweergawe die nostalgie aan my kinderdae op Rustenburg kan voeg van sagopoeding eet in die koelte van ‘n reusagtige ou doringboom terwyl die son rondom jou neerbak – smaak dit nes my ma s’n.”” – skrywer van die resep
Wanneer jy die poeding opskep skep ‘n bietjie appelkooskonfyt by. Mens kan ook sjokolade-vermelli plek van neutmuskaat oorstrooi. Maak vlasous hierby.

500 ml melk
75 g (100 ml) sago
2 eiers
50 g (60 ml) suiker
2 ml vanilla geursel
knypie sout
15 ml botter of margarine
bietjie gerasperde neutmuskaat

Giet die melk in ‘n diep 2 liter bak.
Voeg die sago by en laat dit ‘n uur week.
Mikrogolf dit eers vir 7 minute teen 100% krag en daarna vir 2 minute teen 50% krag.
Roer elke twee minute.
Klits die eiers, vanilla geursel, sout en suiker saam.
Voeg dit vining by die sagomengsel.
Skep die mengsel in ‘n vlak, reghoekige tertbak 24 x 19.
Plaas die bak op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Bak die mengsel vir 15 minute by 30% krag.
Roer elke 5 minute.
Stip die poeding met botter/margarine en strooi liggies neutmuskaat oor.
Bak dit nou vir 2-3 minute by 50% krag.
Bedien warm voor met vlasous.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
2de Foto:  Ronell Visser Gouws