DALINDA SE VLEIS LASAGNE


DALINDA SE VLEIS LASAGNE
1 pakkie lasagna velle (ek maak gewoonlik my eie)
Vleis sous
500 g gemaalde beesvleis
1 blik ingelegde tamaties
1 groot ui
Hand vol basilliekruid
2 teelepels knoffel
Tamatie puree
Sout en peper
Braai uie, voeg vleis by. My geheim is om my vleis lekker te spice met allerly vleis speserye. Gooi blik tamaties by. Maak blik vol water en laat pot begin prut op hoe hitte. Voeg knoffel en puree by. Draai stoof op laer hitte en prut vir 15 min. Voeg basiliekruid by en prut vir nog 15 min.
Witsous
Maak lekker baie witsous. Ek maak myne so:
3 eetlepels botter
So halwe koppie broodmeel
Knippie sout
Peper
Melk
Knippie neutmuskaat, nie te veel nie hoor!
Gerasperde kaas
Nou roer ek die meel en botter tot dit ‘n bal vorm in die pot op die stoof, dan draai ek die plaat stadig en gooi melk by terwyl jy lekker vinnig roer, tot dit vir my loperig genoeg is, en daar geen klonte is nie. Onthou jou sous moet nie dik wees nie, dit kook die pasta gaar.
Nou, pak jou lae. Eers die witsous onder in die bak. Dan ‘n laag lasagna, dan vleis.
So hou jy aan tot al jou bestanddele klaar is. Eindig met ‘n laag lasagna en witsous laaste. Laat rus tot dit koel is. Gooi kaas bo-oor en bak vir so uur by 180 ÂșC
Geniet!
BRON- Dalinda Snyman Greyling