BROCCOLI EN SPEK QUICHE
BROCCOLI EN SPEK QUICHE
Ek het vanaand lus gekry vir ‘n broccoli & bacon quiche toe maak ek gou dit. Die resep is:
15 ml sunflower oil
250 g “lean diced bacon”
200 g broccoli blommetjies, kleiner gekap
4 eiers
1 pakkie murgpampoentjies, in wieletjies gesny
2 uie
Braai die fyngekapte uie en spek saam in bietjie olie.
Plaas die broccoli en murgpampoentjies in die oondbak en voeg die uie en spek by.
Meng goed deurmekaar. Klits die eiers en giet dit oor die mengsel.
Bak in die oond by 180ÂșC vir 30 tot 40 minute tot die eier gestol is.
Jy kan kaas oorstrooi voor dit oond toe gaan en net bietjie aan die einde rooster.
Foto en resep geplaas deur Kevin Steyn

