BABA BADWATER VIR OOIEVAARS PARTYTJIES
BABA BADWATER VIR OOIEVAARS PARTYTJIES
Pienk roomys hard gevries en sit onder in bak. My suster het “bompies” gebruik. Dis lyk soos bunny licks. Dan het sy ‘n rooi sap dink druiwe bygegooi, ginger ale en rooi Sparletta. Die roomys maak die skuim soos ‘n float. En natuurlik di eendjies om by di ooievaars tema te pas. Jy kan dit enige kleur maak afhangende van jou koeldrank en roomys keuses. Lyk jig maar smaak fantasties. Sou nooit eens daai kombinasie oorweeg het nie. Maar my seun meng al jare sy gaskoeldrank geure en hy is dol daaroor.
Helene Olivier Cassisa
