ANNE SE KORTPAD VISVINGERS

tested
ANNE SE KORTPAD VISVINGERS
1 pakkie visvingers
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 eetlepel suiker
1 pakkie sampioenroomsop
1 koppie melk
1 koppie water
kaas, gerasper
pietersiele, gekap

Plaas visvingers in ‘n oondbak.
Skep die tamatie en uiesmoor oor die visvingers.
Sprinkel die suiker bo-op die smoor.
Maak die sop aan met die melk en water.
Giet dit bo-oor die visvingers en smoor.
Bak teen 180ÂșC vir 20 – 30 min.
Rasper kaas bo-oor voor opdiening en versier met pietersielie.
Bedien met slaai of groente.
Foto en resep geplaas deur Sonja Young