4 BESTANDELE SAMPIOENSOP
1 pakkie knopie sampioene
1 E botter
1 L melk
1 pakkie sampioen sop poeier
Sny sampioene in skyfies, braai in botter. Meng sampioen sop poeier met melk. Voeg by en kook tot dik. Jy kan nou bietjie Engelse mosterd en raspertjie nuet byvoeg. Jy kan die selfde met blikkie roomsop mielies doen meng dan net met wit uie sop. Dieselfde met blikkie boontjies en tamatie sous, meng dan net met tamatie sop poeier. Oorskiet groente, meng met groente sop poeier. Wizz dit dan net, jy kan ook ‘n blokkie stock met bietjie water meng en byvoeg.
BRON-Martie Fourie Moolman
Martie Fourie Moolman
Ons hou van ‘n soppie in die winter, hierdie is sommer ‘n crook sop, gaan so gou en jy kan maar jou verbeelding gebruik enig iets in ‘n blik, gevries of oorskiet. Gebruik soms blikkies seekos mossels of tuna of oesters. Ek is ook nie ‘n voorstaander vir sop poeiers nie maar hierdie is blitsig. Wat ook lekker is as jy ‘n klompie vars kruie, gekapte knoffel, fyn gemmer onder die bakkie sit voor jy die warm sop in skep is die geure en aroma daarvan wonderlik! Bedien met korserige brood en almal se oe en aa!

