3 BESTANDDELE SPONSKOEK-VARIASIE

2014-06-08-3bestandeelsponskoektested

3 BESTANDDELE SPONSKOEK-VARIASIE

6 eiers, geskei
1 koppie strooisuiker, wat ek vervang het met Natvia
1 koppie bruismeel

Klits die helfte van die suiker by die eierwit tot dit stywe punte vorm maar nie droog is nie.
Die ander helfte van die suiker by die eiergele tot dit lig is.
Vou die geel deur die wit en meng liggies.
Sif die bruismeel bo-oor en vou deur.
Gooi in twee losboom koek panne en bak vir 30 minute by 180°C.
Laat afkoel en versier met aarbei konfyt (wat ek self gekook het met Natvia) en styfgeklitste room.
Vars aarbeie vir bo oor.
Hettie Bezuidenhout

VARIASIE
Maak dit ‘n 4 bestanddeel koek wat ook lekker is en vervang die bruismeel met 1 ½ koppie Maizena en 1 teelepel bakpoeier. Veerlig lekker.
BRON: Hettie Bezuidenhout