WARM APPELTERT

2014-05-04-appelterttested
WARM APPELTERT
So noem my ma hierdie ‘n warm appel koek. Maar ons het as kinders met hom groot geword as ‘n appel tert. Weet nie waar moeder die resep gekry het nie, maar hier is hy…
3 eetlepels margarien
1 koppie suiker
3 eiers
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
Knippie sout
1/4 koppie melk
1 blik tert appels
(Ek het sommer vars appels in bruinsuiker en water met klein bietjie suurlemoen sap tot sag gekook – jammer maar hier was die hoeveelhede volgens smaak en gevoel )

SOUS
125 gr botter
1 blikkie ideal melk (my ma het 1 1/2 koppie melk gebruik as plaasvervanger – ek verkies ideal melk).
3/4 koppie suiker

Room suiker en botter. Gooi eiers een vir een by. Voeg droë betanddele by. Meng met melk. Skep in gesmeerde bak en pak appels bo-oor. Bak by 180º vir ongeveer 35 min.

Intussen kook die sous bestanddele saam vir 10 min.
Wanneer die tert uit die oond kom. Gooi sous oor.
Tert kan warm of koud bedien word met room.
BRON- Joey Kemp

Ronel Muller Thoma:  En ek het dit sommer in muffinpannetjies gemaak.

appeltertjies Ronel