VARKVLEIS BROOD BREDIE


VARKVLEIS BROOD BREDIE
Dit is my bydrae tot die Varkvleis week.
Ek het varkvleis stew gemaak met tuis gebakte garlic en rosemary rolletjies wat ek bo-op die vleis gesit het. Die vleis het stroopsag uitgekom!
Broodresep is soos volg:
5 x 250ml koekmeel
10 ml sout
15 ml suiker
10 g droë gis
25 ml olyfolie
250-300 ml louwarm water om te meng
Meng die droë bestanddele in ‘n bak. Voeg die olie en genoeg warm water by om ‘n deeg te vorm wat sag is, maar nie klewerig nie. Knie goed. Laat rys vir sowat 45 min.
Knie af en maak balletjies en laat weer rys. Die varkvleis het ek skenkels en boud gevat en eers bruin gebraai en toe stadig laat prut tot lekker sag. Ek het al die bene verwyder en aartappels en gemengde groente bygevoeg. Bietjie knoffel, sout en peper.
Sousie gemaak met die doodgewone bisto. In oond bak geskep en brooddeeg op gesit, en bo op die deeg bietjie knoffel en roosmaryn gevryf.
Hoop jul hou daarvan, want my man het hom trommel geëet.
Foto en resep geplaas deur Elizabeth Haupt