VARKSKENKEL-HOENDERBRAWN – SULT

Varkbrontested

VARKSKENKEL-HOENDERBRAWN – SULT
Resep en foto:Elsa Hattingh
FOOD LOVERS RECIPES
1.4 kg vark skenkels
½ heel hoender
½ ml tiemie
½ ml vars gekapte koljander
4 heel naeltjies
½ ml pork seasoning
½ ml vars gemaalde swart peper
1 teelepel sout
2 groot uie of 4 kleintjies
1-2 teelepels kerrie
½ koppie asyn
1 ml borrie
Verwyder vel van varkskenkels, plaas hoender en skenkels in stoompot met al die kruie, behalwe uie, kerrie, borrie en asyn.
Braai fyn gekerfde uie eenkant met n bietjie botter tot deurskynend en plaas eenkant.
Stoom die vleis tot sag.
Meng kerrie en borrie met ‘n bietjie van asyn tot n gladde pasta en voeg die mengsel en res van asyn by die skenkels.
Kook goed deur tot kerrie gaar is, verwyder van hitte en laat afkoel.
Verwyder al die bene, voeg die gebraaide uie by en meng goed.
Skep die die brawn in 500 ml koeldrank bottels waarvan die nekke af gesny is en laat af koel.
Wanneer brawn gestol is sny weerskante van die bottel met ‘n sker oop, haal brawn uit en sit in yskas.
Chrissie – ek het die kruie se mates in die resep geskat, ek werk vinger en hand gewys. Heel moontlik sal jy n bietjie moet byvoeg.
Ek het die brawn sonder n resep gemaak.