TUNA AARTAPPEL GEDOENTE

gevulda tuna aarttested
TUNA AARTAPPEL GEDOENTE
Ek het die heerlikste tuna aartappel ding gemaak – Rina Kleinhans het die idee vir my gegee
Maak medium groterige aartappel (1 per persoon) gaar in mikrogolf, sommer so met sy baadjie aan
Intussen meng blikkie tuna met fyn gekapte ui, groen pepers, sout en peper en genoeg mayonaisse.
Wanneer die aartappel uit die mikrogolf kom (oppas hy’s kokend) sny hom so 4 snye deur (nie regdeur nie), vul dit met die tuna vulsel en strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak in warm oond tot kaas gesmelt en goudbruin is Ek het myne sommer in die halogeen-oondjie gedruk op 250 grade vir seker so 7 – 8 min (hou maar dop)

Resep Idee: Rina Kleinhans
Foto: Sonja Young