TAMATIE EN DADEL HOENDERLEWERS

2014-05-10-tamatieendadelhoenderlewerstested
TAMATIE EN DADEL HOENDERLEWERS
500 g hoenderlewers, gewas en mooi skoon gemaak
3 groot tamaties, in blokkies gesny
2 groot uie, fyn gekerf
6 toontjies knoffel, in skyfies gesny
rooi, geel en groen soetrissies, na smaak in blokkies gesny
3 songedroogde tamaties, in repies gesny
60 g dadels, ontpit en in kookwater geweek
3 eetlepels tamatie blatjang
50 ml sojasous
50 ml tamatiesous
2 teelepels gemmer puree (gemmerwortel fyn verwerk in die voedselverwerker)
bietjie botter en olie om in te braai
sout en swart peper na smaak

Soteer die ui en knoffel in die olie en botter tot dit begin verkleur.
Voeg die hoenderlewers by en braai liggies.
Voeg die res van die bestanddele by en bedek met water.
Prut vir 30 minute.
Die sous sal mettertyd verdik.
Bedien op kapokaartappels met ‘n mengelslaai.
Resep geplaas deur Corne Liebenberg
Foto: Corne Liebenberg