SANSHA SE BRAAIBROODJIES

 

2014-05-03-braaibroodjiestested

witbrood

kaas

tamatie

uie

sout, peper, knoffelvlokkies

botter

 

Ek gebruik gewone witbrood en ek sit baie kaas, baie tamatie en baie uie op en geur dit met sout, peper en knoffelvlokkies. Dan maak ek die broodjie toe en smeer dík botter net aan die buitekante, gladnie binne nie! Die broodjies word dan toegeklap in ‘n roostertjie wat spesiaal gemaak is vir braaibroodjies (te koop by Spar) Die botter aan die buitekant maak dat die broodjie nie aan die rooster vassit nie – die meeste botter braai weg op die rooster en is dus gladnie ‘n olierige broodjie nie, maar dit verskaf daardie noodsaaklike braaibroodjie geur!

O ja, ek’t vergeet om te noem – die tamatie kom tussen die kaas en uie, want dan raak die tamatie nie aan die broodjie om dit “soggy” te maak nie – dus bly die broodjie heerlik “crispy”
Almal sê altyd my braaibroodjies is die lekkerst wat hulle nòg geëet het!

Sansha Meyer