SALAMI EN KAAS PASTEITJIES MET SOUS

2014-05-04-salamienkaaspasteitjiesmetsoustested

SALAMI EN KAAS PASTEITJIES MET SOUS
Bron: Corne Liebenberg
FOOD LOVERS RECIPES
Basiese Pastei deeg
625 g botter of margarien
6 koppies meel
½ teelepel kremetart
3 eiergele
¼ koppie wit asyn
1 ½ teelepel sout
¾ koppie yswater

Vryf die margarien in die droë bestanddele.
Klits die eiergele, wit asyn en yswater saam.
Meng liggies tot ‘n deeg vorm.
Moenie oorwerk nie.
Maak ‘n bal en vou toe in plastiek, plaas in die yskas vir ten minste 6 ure.
Die deeg bak die mooiste wanneer dit yskoud is.
Rol dun uit en gebruik vir pasteitjies.
Maak die pasteitjies klaar en pak rou in die vrieskas.
Bak die gevriesde pasteitjies vir 40 minute in die oond of 30 minute in die konveksie oond.

Salami en Kaas vulsel
½ koppie meel
200 g margarien
Salami
Kaas
Melk
Braai stukkies salami in die 200 gram margarien vir 3 minute.
Voeg die meel by en roer goed deur.
Gebruik die melk om ‘n dik witsous te maak.
Voeg die kaas by en proe – geur met sout en peper na smaak.

Sous (Amper soos outydse OK sous)
50 g margarien
50 ml olyfolie
1 groot ui
2 teelepels suiker
3 eetlepels bisto
50 ml worcestersous
1 koppie water

Braai die fyngesnyde ui in margarien en olyfolie.
Voeg die worcestersous by.
Strooi die suiker oor die uie en braai tot mooi glanserig.
Voeg die water by en prut die mengsel stadig vir 5 minute of tot die uie sag is.
Maak die bisto aan met ‘n klein bietjie water en voeg by.
Geur na smaak met sout en peper.