SAGO-SOUSKLUITJIES
SAGO-SOUSKLUITJIES
750 ml melk
1 ml sout
75 ml sago
75 g botter
50 ml suiker
50 ml mielieblom
4 groot eiers, geskei
kaneelsuiker en neutmuskaat
Verhit melk en sout tot kookpunt. Voeg sago en 60 ml botter by. Kook oor lae hitte tot sag en deurskynend.
Meng res van die melk, suiker en mielieblom en eiergele tot gladde pasta. Roer klein bietjie van die sagomengsel hierby, roer hierdie mengsel dan vinnig by res van sagomengsel. Kook oor lae hitte tot gaar.
Klits eierwitte styf, vou liggies by sagopap in. Smelt oorblywende botter, strooi kaneelsuiker in warm opdienbak met bietjie klapper, doop lepel in warm botter en skep lepelsvol deeg in bak, strooi nog kaneelsuiker en plaas ekstra klontjies botter bo-op, rond af met strooisel klapper en dien warm op met tuisgemaakte vla en lemmetjiesap.
Die kluitjies kan ook in mikrogolfoond gemaak word, sodoende sal dit nie aanbrand.
ENJOY!
Floraine Wasserman Venter
