PYNAPPEL BLATJANG
.

PYNAPPEL BLATJANG
2 groot pynappels, geskil en in blokkies gesny, hier het ek 3 pynappels gebruik
2 groot uie, fyn gekap
375 ml suiker
125 ml asyn
10 ml kerriepoeier
20 ml mielieblom
Kook al die bestanddele buiten die mielieblom 40 minute lank saam in ‘n vlekvrye kastrol tot die pynappels sag is. Roer af en toe.
Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer by die pynappelmengsel.
Bring weer tot kookpunt en laat weer goed kook.
Skep dadelik in gesteriliseerde flesse en verseël.
Lewer sowat 700 ml.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Annelie Kruger