MELKKLUITJIES

MELKKLUITJIES
3 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
genoeg water om met meel te meng
2 liter melk
homp botter
Meng die meel, bakpoeier en sout en voeg water bietjies gewys by tot ‘n deeg vorm net dikker as ‘n koekbeslag.
Voeg die botter by die melk in ‘n kastrol en bring stadig tot kookpunt.
Skep teelepels vol van die deegbeslag in die kokende melk tot alle deeg op is, verlaag die hitte.
Prut vir ongeveer 15 minute, roer af en toe dat dit nie onder brand.
Toets die kluitjies deur een middeldeur te druk om te sien of dit binne gaar is.
Skep die kluitjies in ‘n opdienbak en strooi kaneelsuiker oor.
Bron: onbekend