OREO & CRANBERRY BESKUIT
Bestandele:
500 g botter of margarien
375 ml suiker
500 ml karringmelk
15 ml vanieljegeursel
1,75 kg (7 k) koekmeel
50 ml bakpoeier
3 ml sout
250 ml (1 k) fyn weetbix/allbran/semels
250 ml (1 k) Oreo koekies fyn gemaal
250 ml (1 k) gedroogde cranberries
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C
Smeer drie broodpanne met botter.
Smelt die botter en roer die suiker by, laat afkoel.
Meng die meel en ander droe bestandele goed.
Meng die karringmelk en vanieljegeursel by botter mengsel.
Voeg die karringmelkmengsel by die mee.
Meng tot deeg.
Vorm die deeg in bolletjies (indien verkies) en pak dit in die broodpanne.
Bak vir 50-60 minute tot deurgaar en goudbruin.
Keer die beskuit uit en laat afkoel.
Breek bolletjies los of sny in repe.
Droog die beskuit teen 80°C of in die lou-oond.
Rene van Oosten
