MUSHAVI KETTLE FRY PORK BELLY
MUSHAVI KETTLE FRY PORK BELLY
Ek het die belly se vel deurgesny en entjie in die vleis in met my vleissaag Dit was maklik nadat ek laas my linker gewrig verstuit het met elke tipe mes en skêre met geen sukses. Daarna het ek dit mildelikerig bedruip met Kikoman Soya, coconut coriander perri-perri en garlic infused red wine induction.
Dit lê en rus nou bietjie voordat dit later indirek in die weber gebraai gaan word. Onthou om jou weber se grids te belyn na die vent gaatjies toe om konveksie te bevorder 20 charcoals in elke rakkie. Nadat due belly gaar is (2ure) kry dit ‘n kruie romerige smeersous op die gesnyde snitte wat net na die einde oor die gaar dis gesmeer word. Dit bestaan uit sagte suurroomkaas, soet mosterd, sweat chilli en vars gekape kruie na smaak. Die guinea pigs het dit verskriklik geniet alhoewel die agternasous bietjies te ryk was na my smaak. Speel met ‘n sous!
Deon Huysamen

