MAKLIKE RYS PILAF
MAKLIKE RYS PILAF
Resep en foto: Hanta Henning
FOOD LOVERS RECIPES
½ ui, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
5 – 7 sampioene, fyngekap
1 medium wortel, fyngekap
Olyfolie
2 koppies rys
2 liter hoenderaftreksel
Voorverhit oond teen 180°C.
Verhit die olyfolie en braai uie daarin tot deursigtig.
Voeg rys en groente by en meng goed sodat alle rys met olie bedek is.
Laat vir 5 minute oor medium hitte gaar word (jy kan gedroogde gemengde kruie byvoeg as jy wil).
Sit rys en groentemengsel in oondvaste bak en giet hoenderaftreksel oor.
Maak bak toe met foelie en bak vir 45-60 minute tot rys gaar is.

