KLEIN KOEKIES OM TE VERSIER

10406951_10203200492565095_2559101552204437489_n
KLEIN KOEKIES OM TE VERSIER

125 g ongesoute botter
125 g strooi suiker
1 middelmatige eier
1 teelepel vanilla geursel
250 g koekmeel
Klits die botter en suiker tot lig van kleur. Voeg die eier en vanilla geursel by en meng goed.
Sif eers die helfte van die koekmeel by en meng voeg dan die ander helfte by en meng deur. Knie die deeg tot glad. Maak toe in clingwrap en laat rus in die yskas vir 30 min.
Bak vir 10-15 min by 180°
Geplaas deur: Wiandra Nel