KLAPPER BOTTERKOEKIES

KLAPPER BOTTERKOEKIES
250 g botter
1 koppie strooisuiker
2 eiers
1 koppie klapper
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanielje
½ teelepel sout
3 koppies koekmeel

Meng botter en suiker goed saam.
Klits eiers en vanielje by.
Voeg meel, klapper en bakpoeier by en meng goed.
Verkoel vir 10 min in yskas.
Bak op ongesmeerde pan op 180ºC vir 15 min.
Resep: Elize Gouws