KAROO PIZZA

2014-05-11-karoopizza
KAROO PIZZA

Gekoopte basis met tamatie en origanum, smeer n lagie van Ina Paarman se Geroosterde sampioensous bo-oor. Dan n lagie uie effens gebraai, strooi gekapte stukkies knoffel by, n lagie gaar gegeurde maalvleis, rou “bacon”, stukkies pynappel met genoeg gerasperde kaas. Sit in warm oond van 200 grade vir 15 minute.
BRON- Rindi Scheepers-Becker