JOHAN SE MOSSEL BROODJIE
Dit is ‘n gewoone toasted toe broodjie, gevul en maak soos volg: Smelt ‘n klein bietjie EGTE BOTTER {baie belangrik}, terwyl dit smelt, pak jou toe broodjie met ‘n bietjie kaas, gerookte mossels, uie en nog ‘n bietjie kaas. Dan aan een sny brood smeer jy ‘n dun laag Hot English Musterd. Maak die broodjie toe met die Mosterd kant binne. Sit die broodjie in die pan en Rooster dit in die pan binne in die gesmelte warm botter.
NB….. Wees versigtig, as jy die broodjie draai, gaan alles uitval, so dus moet jy die vashou as jy dit draai.
Foto en resep: Johan Haarhoff

