INGELEGDE NOEDELSLAAI
INGELEGDE NOEDELSLAAI
Vroulief se bydrae vir die tamatie week.
325 ml olie
500 ml suiker
500 g uie, geskil en gekap
1 kg tamaties, ontvel en gekap
2 groen soetrissies, ontpit en in repies gesny
250 ml asyn
100 ml mayonnaise
500 g skulpnoedels
2 eetlepels Aromat
Tobascosous na smaak
2 teelepels growwe sout, peper, swartpeper, crushed garlic.
Kook noedels, dreineer en hou eenkant. Kook eerste ses bestanddele vir 20 min, voeg dan die res van die bestanddele, sowel as die noedels by en kook deur vir 5 min. Bottel warm.
FOTO- Gideon Louw

