HOENDER OP ‘N BED TAMATIE EN RYS

10246441_10202065062604094_2640820633225660030_ntested

HOENDER OP ‘N BED TAMATIE EN RYS
Oond: 175°C
Tyd: 1 uur
Bron: By ‘n Finse vriendin gekry wat ek bietjie aangepas het.
350 ml rou rys
1 ui, in blokkies gesny
2 eetlepels olie
100 ml rosyne
50 g hazelnuts, optioneel
1 blikkie (410g) tamaties, fyn gedruk
1 eetl dill, sommer uit die botteltjie uit
700 ml hoenderaftreksel, gebruik 1 stock cube
Vir die sous:
3 eetlepels olie
3 eetlepels tamatiesous of HP sous
3 eetlepels suiker
2 teelepels gemmer poeier
½ teelepel sout
5 eetlepels warm water
Natuurlik ook die hoender porsies

Begin met die rys:
Neem ‘n oondbak en gooi die rou rys daarin.
Braai die uie in die olie tot sag en voeg dit by die rys.
Neem nou die tamaties, dill, rosynetjies en neuete en voeg dit by die rys.
Laastens gooi die hoenderaftreksel oor die rys en meng dit saam.
Plaas in die oond terwyl jy die sous vir die hoender maak.

In dieselfde pan waarin die uie gebraai is gooi die olie vir die sous daarin.
Verhit die olie goed. Voeg nou die tamatiesous of HP sous by. PASOP DIT SPAT.
Meng die twee bestanddele goed saam. Voeg nou die gemmer, en suiker by en roer totdat dit gemeng is.
Laastens kom die warm water by.
Haal nou die rys uit die oond uit. Plaas die hoender porsies op die rys.
Onthou om die hoender te sout en peper.
Borsel die sous bo oor die hoender, maak seker alles is bedek.
Daar sal dalk van die sous oorbly wat jy so 10 min voordat die hoender uit die oond moet kom weer kan opsit.
Plaas terug in die oond vir ongeveer 1 uur.
So teen 45 min loer net om te kyk dat die hoender nie donker word bo-op nie. Daar is suiker in die sous en dit sal maklik brand.
Jy kan nou die res van die sous opsit as daar oorgebly het.
Toets die hoender na ‘n uur en haal dan uit die oond as dit gaar is. Laat staan vir so 15 min en dien dan op.
Daar sal rys oorbly, wat baie lekker is ook die volgende dag.

Foto en resep geplaas deur Wilanda Räsänen