

HOENDER EN SPINASIE PASTEIVLEGSEL
Hoender en spinasie pasteivlegsel met oondgeroosterde groente.
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 groot ui, gesny
200 g babaspinasieblare
sout en peper
100 g Feta, gekrummel
200 g hoenderborsfilette, gaar en in blokkies gesny
40 ml botter
40 ml koekmeel
250 ml melk
400 g skilferkorsdeeg (puff pastry)
1 geklitste eier
gekaramaliseerde tamaties
50 ml balsamiek asyn
15 ml bruinsuiker
250 g klein tamaties
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Verhit olyfolie en roerbraai sampioene tot gaar en sag.
Voeg die uie en roerbraai tot sag.
Roer die spinasie by en geur met sout en swartpeper.
Laat afkoel en voeg die Feta en hoender by.
Smelt die botter in ’n kastrolletjie. Roer die koekmeel by tot gemeng. Roer die melk by en roer tot verdik. (maak ’n witsous) Sout en peper by sous. Laat afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vleisvulsel in die middel van die deeg.
Sny die deeg aan die kante in repe en vou soos ’n vlegsel oor die vleis. Smeer water op punte van vlegsel en druk liggies vas om te verseker dat dit nie loskom nie.
Verf die pastei met geklitste eier.
Sit op gesmeerde bakplaat. (gebruik 2 eierspane om dit op te lig)
Bak in voorverhitte oond vir 30 minute of tot goudbruin.
Gekaramaliseerde tamaties:
Verhit die balsemiek asyn en suiker en laat prut tot dikkerige stroop.
Gooi tamaties en sout by en laat deur warm word.
Opdien: Sit pastei op opdienbord. Gooi die balsamiese reduksie en tamaties oor die pastei.
Resep geplaas deur Charne de Jager
Foto: Charne de Jager