HEERLIKE PATATS BY SNOEK
HEERLIKE PATATS BY SNOEK
Lekker patats as jy dit so maak soos ek nou gaan verduidelik gaan jy nooit weer patats op ‘n ander manier eet nie.
Let wel hierdie resep nie vir kalorietellers nie!!!!!
Ons maak dit as ons braai en as ons kamp.
Sny die patats met skil en al in 5 cm skywe, sprinkel liggies met sout draai elkeen afsonderlik toe met foelie.
Plaas tussen kole en draai gereeld om. Toets met toetspen indien sag verwyder uit kole.
Elkeen maak sy pakkie oop, sit heuning oor en met geklitste room bo-op. Fantabulooslik!!!!
Elmarie Snyman

