GRANADILLA KAASKOEK
GRANADILLA KAASKOEK
1 bakkie gladde roomkaas (nie maaskaas nie) – by kamertemperatuur
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
2 blikkie granadillapulp
1 pakkie pynappeljellie
Tertkors van jou keuse. Myne was sommer Tennisbeskuitjies
Bring granadillapulp tot kookpunt – los die jellie nou daarin op en plaas in yskas om koud te word. Nie stol nie.
Meng nou die kondensmelk en suurlemoensap.
Voeg nou die roomkaas by en roer goed deur.
Laastens roer die granadillapulp en jellie by en gooi in tert kors.
Laat afkoel in yskas.
Resep en foto: Amanda Vallero

