GEROOMDE GROENBOONTJIESOP

10393815_640246626053692_3645340145253737363_ntested

GEROOMDE GROENBOONTJIESOP

1 groot ui, gekap
2 huisies knoffel, fyngekap
60 ml botter
750 ml hoenderaftreksel
1 kg groenboontjies in stukkies gesny
3 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
125 ml room
1 pakkie Knorr garlic and bacon potato bake
250 ml melk
1 teelepel suurlemoensap
2,5 ml gedroogte Taragon
knypie peper

Braai ui en knoffel in botter tot sag.
Voeg die boontjies en aartappels by en gooi die hoenderaftreksel by.
Kook tot boontjies en aartappels sag genoeg is.
Haal van die hitte af en puree die mengsel tot glad.
Maak die potato bake met melk aan en gooi by boontjie mengsel.
Geur met taragon, suurlemoensap en peper.
Verhit effens. Bedien met bietjie room en bietjie gerasperde kaas.
Indien verkies kan brosgebraaide spek ook bygevoeg word vir geur.

Bron en foto: Elsabé Mulder Barnard