GEBRAAIDE GROENTEKOEKIES

groente koekies

GEBRAAIDE GROENTEKOEKIES
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Annie Moule
FOOD LOVERS RECIPES
Smaaklik groente koekies voorgesit met lekker bros gebraaide spek , val so reg in die kinders se smaak.
1 x 439 g blik gemengde groente
2 koppies kapokaartappels
1 eier
bietjie gerasperde kaas
sout en peper
Olie om in te braai

Dreineer die groente en meng alles. Braai eetlepels vol, mooi gevorm in ronde koekies in warm olie tot goudbruin aan albei kante.
Hanteer versigtig. Bedien dadelik.
Nota: Indien mens die groente heeltemal wil wegsteek kan mens die groente ook fyn maak.