GEBAKTE RYSGEREG

2 koppies gaar rys
2 eiers
2 uie, gerasper
2 koppies melk
1 koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper
1.Plaas helfte van die rys in ‘n gesmeerde bak en dan helfte
van die uie. Daarna die helfte van die sout, peper en die
gerasperde kaas. Herhaal die lae.
2.Klits melk en eier saam en giet bo-oor.
3.Bak in matige oond tot die mengsel gestol is.
BRON- Cecilia Bedser