ELMA SE VLEISBESKUIT (frikkies in deeg)

frikkies in brooddeeg helenetested

ELMA SE VLEISBESKUIT  (Frikkadel in deeg gebak)
Foto:  Helene Kluge
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
1 eier
¼ groenrissie, opgekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
1 ui, gerasper
½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
sout en peper
Gekoopte brooddeeg

Meng al die bestanddele saam (behalwe die brooddeeg) – sit ‘n bietjie warm water by as dit te droog is.
Rol dit in balletjies.
Vou die deeg om elke frikkadel.
Plaas die balletjies in broodpan soos mosbolletjies langs mekaar.
Bak teen 180°C vir 30 minute.