ELIZE SE OONDGEDROOGDE TAMATIES

oondgedroogte tamatiestested
ELIZE SE OONDGEDROOGDE TAMATIES

genoeg vars kersie- of ander klein tamaties om twee groot bakplate vol te maak
klein bietjie growwe sout
125 ml (½ k) olyf- of avokado olie
60 ml (4 e) balsamiese asyn
60 ml (4 e) bruinsuiker of heuning
peper
paar takkies vars kruie, bv tiemie

Verhit oond tot 180 °C. Halveer tamaties in die lengte en pak met die gesnyde kante na bo, in ’n enkellaag op bakpapier, op bakplate uit.
Sprinkel met ’n klein bietjie growwe sout en bak teen 180 °C vir so 20 minute om die ergste vog te laat verdamp.
Draai dan die oond na 100 °C, soos wanneer jy beskuit uitdroog en laat die oonddeur effens oop. Droog die tamaties tot so droog soos jy verkies. Ek het myne so vir ’n uur of wat uitgedroog, want ek hou daarvan nog effens sag – nie papier-droog nie. Onthou, hoe groter die tamaties, hoe langer sal dit uitdroog.
Maak intussen ’n mengsel van die olie, asyn, suiker of heuning en geur met sout en peper.
Steriliseer ’n glasbottel of twee, groot genoeg vir die hoeveelheid tamaties en pak hulle daarin. Sit ’n paar vars takkies tiemie of basiliekruidblare tussen-in en skink die marinade oor om die fles te vul. As jy nog marinade nodig het, meng twee derdes olyfolie met ’n derde balsamiese asyn en geur met ’n bietjie heuning, sout en peper.
Onthou: Soos jy die tamaties gebruik, moet jy seker maak dat die boonste tamaties altyd toe is met ’n bietjie ekstra olie, so vul dit aan soos nodig.

Wenk
Gebruik ’n gegeurde avokado-olie, soos die knoffel-geur as jy die tamaties ’n spesifieke geur wil gee.

BRON EN FOTO: Elize Van Wyk
: Kersie of Romanza tamaties gehalveer. Genoeg vir 2 bakplate, pak met gesnyde kante na bo!
Gooi bietjie growwe sout, growwe swart peper en Ina Paarman’s Rosemary & Olive speserye oor. Bak teen 180 grade vir eerste 20 minute, daarna op 100 grade met ddeur effens oop vir omtrent 2 ure. Toets maar hoe sag of droog jy dit wil he. Pak die tamaties saam met vars Roosmaryn in gesteriliseerde bottels. Maak dan sous deur 250ml olyf olie, 3 eetlepels balsamic asyn en 2 eetl heuning stadig te verhit en te meng, moenie kook nie. Gooi oor tamaties en seel. Maak seker al die tamaties is toe onder mengsel!