EIERVRUG SOP

2014-05-16-eiervrugsoptested

EIERVRUG SOP
So maklik…’n mens doen sommer jou eie hoeveelhede.
Eiervrug in groterige blokkies gesny. Braai in olie en bietjie regte egte botter. Niks gesout en geswetery. Hy gaan in die pot nes hy is. Braai net totdat dit lyk of dit gaan begin gaar word. Haal uit pot en sit eenkant.
Braai nou saam grof gekapte ui(e), tamatie in agstes gesny en sampioene in helftes gesny. Braai tot sag.
Geur met sout, peper, marjorum, tiemie en neutmuskaat
Gooi die eiervrug by.
Voeg by 700 ml hoender of bees aftreksel. Ek het so twee eetlepels soya mince by die aftreksel ingeroer.
Kook stadig vir 30 to 35 min.
Bedien met gesnipperde vars pietersielie.
BRON- Joey Kemp